21 Januarie 2022
Leigh Matthews se ouers sal vandag by die Johannesburg-gevangenis wees om beswaar te maak teen hul dogter se moordenaar Donovan Moodley se aansoek om vroeër op parool vrygelaat te word.
Moodley is in 2005 skuldig bevind aan die 21-jarige Matthews se moord en dien sedertdien lewenslange gevangenisstraf uit. Moodley het tydens die saak aangevoer dat hy in Julie 2004 vir Matthews by die Bond-Universiteit in Sandton se parkeerterrein ontvoer het en R50 000 as losprys by haar pa geëis het. Daarna is sy in die kop geskiet.
Moodley moes eers in 2030 vir parool in aanmerking kom.
Lede van Women and Men Against Child Abuse sal Matthews se ouers, Rob en Sharon, bystaan.
Die paroolraad sal mondelinge vertoë van die partye aanhoor.