15 Julie 2022
Die oud-president van Amerika, Donald Trump, het gisteraand aangekondig dat sy eerste vrou, Ivana Trump, in haar huis in New York gesterf het.

Sy was 73 jaar oud.
Die paartjie is in 1977 getroud en in 1992 geskei. Hulle het drie kinders saam gehad, Donald jr, Ivanka en Eric. Trump het op sosiale media gesê dat sy ‘n wonderlike vrou was en dat sy geleef het vir haar drie kinders.
Die oorsaak van haar dood is in hierdie stadium nog nie bekend nie.