Dominee se man verskyn in die hof in verband met haar moord


Luister nou

Volgende

Dominee se man verskyn in die hof in verband met haar moord

Die 45-jarige man van die vermoorde dominee Liezel de Jager, Werner het vandag in die Amanzimtoti landdroshof verskyn. 

Liezel se liggaam is in Oktober 2021 in die oprit van die pastorie van die NG kerk Suidkus in Amanzimtoti gevind. Sy is oorrompel en verwurg nadat sy by die huis aangekom het nadat sy saam met vriendinne gaan draf het.

’n Eenheid van die polisie wat spesialiseer in onopgeloste sake het die verdagte Donderdag in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Werner het destyds gesê dat hy op sy vrou se liggaam afgekom.

Die burgerregteorganisasie, Action Society se direkteur vir gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron sê die organisasie is bly dat daar uiteindelik iemand in hegtenis geneem is, maar meen die saak kon soveel vroeër opgelos word.

Hy het namens die familie gesê dat hulle ook verlig is ook die verwikkeling.

Die saak is tot 7 Desember uitgestel, en Werner bly in aanhouding.

Foto: EWN

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Dominee se man verskyn in die hof in verband met haar moord


Luister nou

Volgende