Top 20 met Pieter Koen

Saterdae
16:00-17:00

Luister nou

Volgende

Dokter gaan skuld beken na akteur se dood

‘n Dokter, van Kalifornië wat die bekende Friends-akteur, Matthew Perry (54), van Ketamien voorsien het, gaan skuld beken op vier aanklagte dat hy ketamien onwettig versprei het.

Dr Salvador Plascencia.

Perry is in Oktober 2023 dood. Dr. Salvador Plasencia sal volgens die BBC binnekort in die hof verskyn. Hy kan tot 40 jaar gevangenisstraf gevonnis word.

In sy pleitooreenkoms sal hy skuld beken op vier aanklagte van ketamienverspreiding. Plasencia is een van die vyf mense wat van Perry se dood aangekla is. ‘n Outopsie het bevestig dat hy dood is weens newe-effekte wat deur die ketamien veroorsaak is.

Hy was in sy borrelbad toe hy glo weens die effekte van die ketamien verdrink het.

Ketamien is ‘n tydelike verdowingsmiddel wat soms aan angs- en depressielyers voorgeskryf word, alhoewel dit misbruik word deur dwelmgebruikers. Perry het vir baie jare ‘n stryd teen dwelm- en drankverslawing gevoer.

Plasencia het in sy pleitooreenkoms erken dat hy weke voor die akteur se dood hom met ketamien ingespuit het by sy huis in Santa Monica in ruil vir $1000, al was daar geen mediese redes daarvoor nie.

Perry het die rol van Chandler Bing in Friends tussen 1994 en 2004 vertolk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Top 20 met Pieter Koen

Saterdae
16:00-17:00

Luister nou

Volgende