8 Februarie 2023
Reddingswerkers het gister ‘n pasgebore baba uit die puin gered van ‘n gebou in Jindayris in Sirië, wat ineengestort het weens Maandagoggend se aardbewing van 7,8 op die Richterskaal.

Die baba se naelstring was nog met haar ma verbind, wat nie die aardbewing oorleef het nie. Die baba se naelstring is geknip en sy is na ‘n naburige hospitaal geneem.
Die baba het verskeie beserings opgedoen en was blou van die koue, maar is tans stabiel.
Intussen het die dodetal die 9600 kerf verbygesteek.
Meer as 7100 mense het in Turkye gesterf terwyl die dodetal in Sirië oornag tot meer as 2500 gestyg het.
Volgens die Turkse rampagentskap is daar tans 79 000 noodpersoneel besig met soek- en reddingsoperasies aan die Turkse kant van die grens.