14 Januarie 2022
Die burgeregte-organisasie, Action Society het die implementering van die nuwe voorskrif verwelkom, wat ‘n DNS-monster van oortreders in ‘n seksuele misdryf, verpligtend maak.
Volgens die organisasie se woordvoerder, Elanie van der Walt was dit nie in die verlede verpligtend dat ‘n DNS-monster verskaf moet word nie. Dit geld vir oortreders in alle skedule 8-misdrywe wat seksuele misdrywe, diefstal, mensehandel en strafbare manslag insluit.
Van der Walt sê dié voorskrift tree op 31 Januarie vanjaar in werking. Sy meen DNS-monsters is steeds die beste manier om verdagtes vas te trek en sal ook verseker dat herhaalde oortreders geïdentifiseer kan word.
Volgens Van der Walt het Action Society reeds ‘n geruime tyd probeer om dié voorskrif te laat implementeer. Dit is gister in die Staatskoerant gepubliseer.