20 Januarie 2022
Die Serwiese tennisster, Novak Djokovic oorweeg glo om die Australiese regering vir ongeveer $6-miljoen te dagvaar nadat hulle hom glo “swak behandel” het.
Djokovic was die afgelope drie weke in die nuus nadat hy toegang tot Australië geweier is weens sy siening oor die Covid-19-inenting. Hy kan dus nie in die Australiese Ope deelneem nie. Die Britse koerant, The Sun, het vroeër vandag berig dat Djokovic glo dié moontlike dagvaardiging met sy regspan bespreek.
LEES OOK: FRANSE OPE OOK DALK VAN DIE BAAN VIR NOVAK DJOKOVIC
Dit het ook bekend geword dat hy die hoofaandeelhouer is in ‘n Deense biotegnologiemaatskappy, wat daarin poog om ‘n behandeling vir die Covid-19-virus te ontwikkel, wat nié enige inentings behels nie.
Volgens berigte het Djokovic die 80-persent aandeel in die maatskappy, QuantBioRas in 2020 gekoop.
Intussen het ‘n hof in Australië vanoggend aangevoer dat dit wél ‘n rassionele beslissing was om Djokovic se appél-aansoek teen die kansellering van sy visum van die hand te wys.
LEES OOK: NOVAK DJOKOVIC SE VISUM GEKANSELLEER
Die hof het Djokovic se mening, dat hy nooit iemand afgeraai het om ingeënt te word nie, verwerp.