18 Julie 2023
Die Serwiese tennisster, Novak Djokovic (36) is met $8 000, of nagenoeg R144 000 beboet nadat hy tydens die Wimbledon-finaal sy raket teen die net se stutpaal stukkend geslaan het.
Hy het Sondag verloor teen die 20-jarige Carlos Alcaraz van Spanje. Volgens berigte is dit een van die grootste boetes wat nóg aan ‘n tennisspeler opgelê is.
Djokovic is tydens die wedstryd deur die skeidsregter, Fergus Murphy gewaarsku omdat hy té lank geneem het om te dien. Hy is toe met ‘n kode oortreding gestraf nadat hy sy raket stukkend geslaan het tydens die wedstryd se vyfde stel.
Djokovic het na afloop van die wedstryd gesê dat hy dit uit frustrasie gedoen het.
Die boete sal nou van sy totale tweede-plek prysgeld van £1,75-miljoen afgetrek word.
