Dit sal R29-miljard kos om Vrystaatse paaie te herstel, sê LUR


Luister nou

Volgende

Dit sal R29-miljard kos om Vrystaatse paaie te herstel, sê LUR

20 April 2023

Die VF Plus sê sowat R29-miljard sal benodig word om die Vrystaat se paaie te herstel.

Dié bedrag is aan die VF Plus gegee in ʼn antwoord van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer tydens ʼn portefeuljekomitee-vergadering.

Armand Cloete ‘n VF Plus lid van die provinsiale wetgewer in die Vrystaat sê die totale begroting vir die Vrystaat beloop sowat R41-miljard – die herstel van die provinsie se paaie sal dus 70% van die totale begroting beslaan.

Cloete sê hierdie departement se huidige begroting vir die komende finansiële jaar is R3,3- miljard wat aangewend moet word vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer.

Voorts het die departement ook erken dat vyf padkontrakte tans deur regsprosesse beslis word. Die waarde van die projekte beloop meer as R98-miljoen. Dispute tussen kontrakteurs en die departement is tans sub judice. Intussen bly broodnodige herstelwerk aan paaie onafgehandel.

“Daar is ook verskeie eise vir skade en beserings van padgebruikers teen die departement weens die toestand van die Vrystaat se paaie. Die eise beloop meer as R65-miljoen.”

Cloete sê die reuse bedrae wat die Vrystaat benodig om paaie ten volle te herstel, is die gevolg van byna drie dekades se wanbestuur, verkeerde begrotingsprioriteite, gefaalde swart ekonomiese bemagtiging en korrupsie onder die ANC-regering.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Dit sal R29-miljard kos om Vrystaatse paaie te herstel, sê LUR


Luister nou

Volgende