8 Desember 2022
Suid-Afrikaners wou in 2022 veral meer inligting hê oor Sassa se R350 maatskaplike hulptoelaag, die aanlyn woord-speletjie, Wordle en klimaatsverandering.
Dit volgens Google se Year in Search-uitslae vir 2022 wat gister bekend gemaak is. Die doel van die lys is om te sien wat mense, in die geval Suid-Afrikaners soek en waaroor hulle meer wil weet.
Suid-Afrika se direkteur vir Google, dr. Alistair Mokoena sê die inligting is ‘n bewyse dat mense steeds Google vertrou as hulle bron van inligting.
Volgens die lys was die mees gesoekte terme:
- R350-toelaag Status Check
- Wordle
- Klimaatsverandering
- Aappokke
- Oekraïne
- StatsSA
- Ingewandskoors
- Beurtkrag
- Matriek uitslae 2021
- Rusland
Die top-vyf mense wat gesoek is, is:
- Jaden Smith
- Will Smith en Chris Rock
- Johnny Depp
- Amber Heard
- Zeenat Simjee
Google word ook gereeld ingespan wanneer mense wil weet hoe om ‘n sekere taak te verrig. Die vyf gewildste “hoe” vrae word ook gelys.
- “Hoe kyk ek na my matriekuitslae?”
- “Hoe kyk ek wanneer my Sassa-uitbetaling suksesvol is?”
- “Hoe kan ek aansoek doen vir ‘n R350 maatskaplike toelaag?”
- “Hoe kan ek stem op Big Brother Mzansi 2022?”
- “Hoe gaan ek regstreeks op WhatsApp?”
Besoek hierdie skakel vir die volledige lys, en ook ander lande se soek-termes.