Dit is tyd vir wysheid en waarheid


Luister nou

Volgende

Dit is tyd vir wysheid en waarheid

Nuuskommentaar: 11 April 2022

Deur: Barend Uys

Ons het die laaste twee jaar ’n uiters uitdagende tyd beleef. Baie mense is deur vrees oorweldig, ook as gevolg van die onetiese optrede deur regerings wêreldwyd en ongebalanseerde beriggewing deur die meerderheid media-instellings. Die einde van die irrasionele ramptoestand is uiteindelik deur president Ramaphosa aangekondig.

Ongelukkig is die aankondiging nie veel meer as leë woorde nie, aangesien irrasionele regulasies steeds geld al is daar geen wettige grondslag daarvoor nie. Wat nog meer sorgwekkend is, is dat die owerheid die ramptoestand in werklikheid wil verewig deur gesondheid- en beroepsveiligheidsregulasies. Dit is verstaanbaar dat mens uitgeput kan wees – maar dit is nou belangriker as ooit om teen irrasionaliteit en onwaarhede op te staan.

Dit is dringend noodsaaklik dat elkeen van ons wysheid aan die dag lê en daardeur die ruimte skep waar billike gesprek kan plaasvind sodat die waarheid ontdek kan word en vrees oorwin kan word. Mense moet nie huiwerig wees om hul eerlike mening respekvol uit te spreek of data aan te haal nie – dit staan in die pad van die waarheid. George Orwell het geskryf: “Hoe verder ʼn samelewing van die waarheid af wegdryf hoe meer sal dit dié haat wat dit praat.” Wat die gepubliseerde regulasies betref is daar sake waaroor eerlike, respekvolle gesprek dringend en noodsaaklik is.

Maskers is ondoeltreffendheid om ’n virus wat deur die lug versprei te keer. Maskers het ook nadele, dit laat mens byvoorbeeld meer koolsuurgas inasem. Die diameter van die koronavirus word op 0,1 mikrometer beraam, die grootte van die gate in ’n chirurgiese masker is 81 mikrometer. Dit is belangrik om te onthou dat daar met die aanvang van die uitbraak van COVID-19 aangeneem is dat dié koronavirus deur druppels versprei word. Dit is nou al lankal bevestig dat die virus deur die lug versprei; die waarheid is dat maskers dus eenvoudig ondoeltreffende beskerming bied. Werklike data uit die wêreld bevestig dit, daar is nie beduidende verskille tussen gebiede wat die dra van maskers streng afgedwing het, en die wat dit nie afgedwing het nie. Om dieselfde rede is die handhawing van fisiese afstand tussen mense ook irrasioneel en ondoeltreffend – goeie ventilasie is die beste manier om verspreiding te beperk.

Dit is ook ’n voldonge feit dat die COVID-19-inspuitings nie infeksie of die verspreiding van die koronavirus voorkom nie. Dit is ook ’n eenvoudige waarheid dat die moontlike langtermyn newe-effekte daarvan onbekend is. Op grond van hierdie eenvoudige werklikhede is dit irrasioneel en uiters onbillik om teen mense wat verkies om nie ingespuit te word nie, te diskrimineer. Om getalle vir byeenkomste te beperk op grond van inspuitingstatus of om slegs van mense wat nie ingespuit is nie te verwag om ’n COVID-19-toets te doen, is dus eenvoudig irrasioneel en nie in die werklikheid gegrond nie.

Aleksandr Solzhenitsyn het gesê: “Die eenvoudige stap van ’n dapper individu is om nie aan die leuen deel te neem nie. Een waar woord weeg swaarder as die wêreld.”

Ons kinders en hul kinders sal slegs ’n normale lewe kan lei as ons opstaan en vasstaan. Die tyd het aangebreek om die waarheid te soek en om afstand te doen van irrasionaliteit, onbillikheid en onwaarhede. Ons sal moet bid vir wysheid sodat ons mekaar met liefde en respek kan behandel en dat ons mekaar kan vind en saam vorentoe kan beweeg.

Dít is ons geslag se taak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Dit is tyd vir wysheid en waarheid


Luister nou

Volgende