Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Dit is tyd om te besin

Nuuskommentaar: 9 Desember 2021

Deur: Barend Uys

Op Sondag, 9 Desember 1838, is die Gelofte vir die eerste maal deur die Voortrekkerkommando wat onder bevel van Andries Pretorius was, afgelê. Hierdie handjievol Voortrekkers en hul leiers het besin en tot die besef gekom dat hulle sonder hulp van Bo nie die taak wat vir hulle voorgelê het suksesvol sou kon uitvoer nie. Hulle het alle moontlike voorbereidings getref en planne gemaak en die Here met die uitkoms vertrou.

So aan die einde van die jaar is dit vir die meeste van ons moontlik om vir ’n rukkie bietjie aan die daaglikse roetine te ontsnap en te rus. Wanneer die pas van die lewe afneem gee dit aan mens ook die geleentheid om weer, soos die Voortrekker oppad na Dingaanstad, te besin. Ons kan nadink oor die voorafgaande tyd, oor wie en wat vir ons saak maak, en of ons ons tyd en energie gebruik het om aan die belangrikste prioriteite aandag te gee.

2021 was weereens ’n jaar waar die normale gang van die lewe ontwrig is deur regerings en maatskappye se reaksie op COVID-19. Die gevaar bestaan dat abnormale omstandighede, optrede en denke genormaliseer word wanneer mens vir twee jaar daaraan onderwerp word. Daarom is dit juis belangrik om nou aan die einde van 2021 die tyd te neem om ernstig te besin.

Bring die sogenaamde “nuwe normaal” vir jou en jou familie geluk – is jy tevrede met dié begrip? Is jy gemaklik daarmee dat die regering, wat van jou persoonlike omstandighede en gesondheid niks weet nie, gesondheidsrisiko’s namens jou bestuur? Dink jy dit is reg dat die regering vir ouers voorskryf hoe hul kinders se gesondheidsrisiko’s bestuur moet word? Dink jy dit is goed vir ontwikkelende kindertjies om in mond- en neuslose gesigte vas te kyk? Is dit aanvaarbaar dat kindertjies van 12 jaar oud sonder hul ouers se toestemming kan instem tot ’n onomkeerbare mediese behandeling waarvan hulle die werking en risiko’s nie kan verstaan nie? Is dit reg dat die regering sakebedrywighede eenvoudig verbied en so mense van die vermoë ontneem om ’n inkomste te verdien en selfstandig te leef? Is dit reg dat die regering jou dwing om te kies tussen gehoorsaamheid aan God of gehoorsaamheid aan die staat deur geloofsbyeenkomste te verbied?

Is jou vryheid, verantwoordelikhede en regte “voorregte” wat goedgunstiglik deur die regering aan jou toegeken word wat hulle na willekeur kan onttrek, of is dit onvervreembaar?

Waar gaan jy die lyn trek?

Dr. Julie Ponesse, ʼn Kanadese professor in etiek, het onlangs in ’n toespraak die volgende stelling aangehaal: “Hierdie is ’n oorlog oor die rol van die regering. Dit gaan oor ons vryheid om te dink en vra te vrae en of individuele outonomie afgegradeer kan word na ʼn voorwaardelike voorreg en of dit ʼn reg bly. Dit is ʼn oorlog oor of jy ʼn burger bly of ʼn onderdaan word. Dit gaan oor wie jou besit… jyself of die staat.”

Benut die tyd wat voorlê om te besin oor wat vir jou belangrik is en berusting te kry. Leef dan vreesloos en doen dit wat nodig is om vir jou en die toekomstige geslagte die toekoms te skep waar ons kan leef, groei en gedy.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende