Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Dit is tyd dat die openbare beskermer haar ry kry

Nuuskommentaar: 5 April 2022

Deur: Chanté Kelder

Die Mkhwebane-sirkus gaan dalk nog ’n geruime tyd in die dorp wees. Die parlementêre proses om die huidige openbare beskermer (OB) adv. Busisiwe Mkhwebane uit haar pos te verwyder gaan moontlik eers in September 2022 tot ’n einde kom nadat daar reeds sedert Februarie 2020 pogings was om die proses aan die gang te sit. Dit blyk egter asof Mkhwebane vasberade is om vas te skop teen die proses tot haar sewe jaar termyn in Oktober 2023 amptelik tot ’n einde kom. Mkhwebane het op 4 Februarie vanjaar die bodem van haar skynbaar onuitputbare bron van uitsteltegnieke bereik toe die Konstitusionele Hof beslis het dat die parlementêre komitee die integriteit van die proses tot dusver gehandhaaf het. President Cyril Ramaphosa het selfs aan haar die geleentheid gegee om redes aan hom te verskaf waarom hy haar nie uit haar pos moet skors nie, haar reaksie was egter om hom in ’n prokureursbrief te vra om haar uit te los. In haar jongste poging om die art. 194-komitee af te skrik het sy gedreig om ’n dringende interdik teen die komitee te kry om hulle te verhoed om hul ondersoek voort te sit. Die hoofsweep van die VF+, Corné Mulder, het voorgestel dat die parlement ’n kostebevel teen haar aanvra indien sy wil voortgaan met die interdikaansoek waarin sy waarskynlik van openbare geld gebruik (of eerder misbruik) gaan maak. Dit het in die laaste twee jaar duidelik geword dat Mkhwebane geen skaamte het nie en dit is kommerwekkend dat iemand wat so ’n blatante minagting vir die publiek se regte en die land se wetgewing het dit vir so lank kon ontduik om nie met haar mislukkings gekonfronteer te word nie. Dit blyk dat dit vir haar so belangrik is om vas te klou aan haar posisie en die voordele wat daarmee gepaardgaan dat sy nie omgee oor die eier op haar gesig nie. Is die posisie dan so belangrik dat sy geen ag slaan op die bietjie waardigheid wat sy miskien nog oor gehad het nie? Een van die gewildste vrae op Google is: Waar en hoe kan ’n mens oor die OB in Suid-Afrika kla. Dít moet egter vir niemand ’n verrassing wees nie as ons onthou dat oudpres. Jacob Zuma sy hande in goedkeuring geklap het toe daar in 2016 besluit is dat Mkhwebane die pos van OB gaan vul. Die belastingbetaler moes toe al sy beursie stywer vasgehou het. Wie beskerm die publiek as die persoon wat aangestel is om dit te doen net nog ’n gulsige hand in die belastingbetaler se sak steek? In Mkhwebane se tydperk as OB het sy keer op keer as verloorder uit die stryd getree wanneer sy na die howe gehardloop het om haarself met die belastingbetaler se geld te beskerm. Jan Publiek het lankal alle vertroue in die land se OB verloor. Die pot is besig om oor te kook en die publiek se geduld met magsbehepte hooggeplaasdes wat aanhoudend vervolging ontduik raak al hoe minder. Dit is ’n maak of breek oomblik vir die art. 194-komitee om vas te staan en te verseker dat Mkhwebane haar sirkustent opslaan en haar ry kry. Sy het landsburgers telkemale versaak en die land reeds onberekenbare skade berokken .

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende