1 April 2023
Die DA se kongres, waartydens nuwe leiers verkies gaan word, het vanoggend in die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand begin.

Volgens die DA is daar ‘n ongekende belangstelling in die kongres met nagenoeg 400 verslaggewers en 2000 afgevaardigdes wat die geleentheid bywoon.
Die huidige leier van die party, John Steenhuisen, sê dis belangrik dat die DA aanhou groei. Hy sê die DA-leierskap moet aanhou om die party so te bou dat die DA die enigste alternatief is vir Suid-Afrika.
Alle oë sal volgens politieke ontleders ook op die leierskapstryd wees tussen die huidige leier van die DA, John Steenhuisen en die voormalige burgemeester van Johannesburg, dr. Mpho Phalatse. Dié verkiesing vind môre plaas.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis het ook reeds vroeg vanoggend ‘n toespraak gelewer. Volgens hom het hy die afgelope jaar getrou, en ‘n pa geword wat hom met ‘n ander oog na die land en sy uitdagings laat kyk het.
Hy sê hy word elke dag herinner dat daar ‘n generasie jong mense is wat staat maak op leiers om in hul behoeftes te voorsien.
🎶 | Proudly South African entertainment is lighting up the stage in Johannesburg today at the largest #DAcongress2023 in history 🇿🇦 pic.twitter.com/kDfy372WUW
— Democratic Alliance (@Our_DA) April 1, 2023