Dissipline in skole: Wat is die oplossing?


Luister nou

Volgende

Dissipline in skole: Wat is die oplossing?

Nuuskommentaar: 23 September 2022

Deur: Johnell von Vollenhoven

Daagliks raak berigte oor geweld in skole meer. Kinders val mekaar en onderwysers aan, en die gevolge is baiemaal noodlottig. Hierdie kultuur van geweld in skole verander ʼn omgewing wat veilig en gunstig vir leer moet wees, in ʼn oorlogsone en bedreig nie net die ontwikkeling van kinders en hulle potensiaal om te leer nie, maar ook die veiligheid en welstand van leerders.

Dit is opvallend dat geweld en ernstige voorvalle meer gereeld by wanfunksionerende as by funksionerende skole plaasvind. Wanneer daar met ʼn skerper oog na die verskille gekyk word, is een ding opmerklik en dit is die rol van die ouer- of skoolgemeenskap by die skool.

Wanneer ouers aktief betrokke by die beheer en bestuur van ʼn skool is, veral deur middel van die beheerliggaam wat hierdie ouergemeenskap verteenwoordig, gebeur ʼn klomp dinge. Sommige daarvan is opsetlik soos die opstel en implimentering van ʼn toelatings-, taal- en dissiplinêre- beleid en ander weer outomaties, soos die oordra van sekere waardes wat vir die spesifieke gemeenskap belangrik is.

Dit is vanselfsprekend dat die beleide wat deur die beheerliggaam in hierdie konteks opgestel word, verteenwoordigend sal wees van die waardes en norme van daardie gemeenskap. Dit wat vir die ouers van waarde en van belang is, sal die riglyne wees waarvolgens hulle besluit wat aanvaarbare gedrag in die skoolomgewing is en wat die gevolge vir beide positiewe en negatiewe gedrag sal wees. Die gevolg is ʼn positiewe kringloop waar dissipline en waardes deurentyd by die huis en by die skool versterk word.

Die ander voordeel van aktiewe ouerbetrokkenheid, is dat die ouers nou by die opvoeding en bou van ʼn toekoms van nie net sy of haar kind nie, maar ook die ander kinders van die gemeenskap betrokke is. Hulle is dus besig met ʼn nalatenskap. Sulke ouers en só ʼn gemeenskap laat nie toe dat dit wat hulleself opbou deur hulle kinders afgebreek word nie. Hulle dissiplineer en leer kinders respek, en om saam te bou en hard te werk. Die omgewing is dus nie gunstig vir gewelddadige optrede of die ondermyning van gesag nie.

In so ʼn gemeenskap is daar goeie samewerking tussen onderwysers en die ouers. Hulle is vennote in die opvoeding van kinders. Die ouer tree as ondersteuner vir die onderwyser op, wat weer op sy beurt die waardes van die gemeenskap uitleef en dit aan die leerder oordra terwyl hy of sy die kind se kennis en vaardighede uitbrei.

Die kern van so ʼn gemeenskap is die gesin. Die samestelling of die finansiële status daarvan is minder belangrik as die waardes wat in daardie gesin uitgeleef word. Wanneer die gesin sterk en gesond is, selfs binne die uitdagings wat ervaar word, versterk dit die gemeenskap. Dan kan die gesin as sulks na vore tree en eienaarskap vir die omgewing en die skole daarbinne aanvaar. Só ʼn gesin kan werkbare oplossings vind, en wegdraai van ʼn veronderstelling en verwagting dat die staat moet voorsien. Sodoende kan die gesin selfstandig en tot ʼn groot mate onafhanklik van die staat funksioneer.

En so sal die skole dan ook funksioneel wees. Die kinders sal binne die gemeenskap veilig wees en in die gemeenskap se kultuur hulle identiteit vind. Daar sal geleer word om te bou, om verantwoordelikheid te aanvaar en om innoverend te wees. Want dit is die waardes wat oorgedra word. Daar sal verstaan word wat dit beteken om deel te wees van iets groter as net hyself en hoe om terug te ploeg.

Die antwoord op die vraag oor hoe om geweld in skole hok te slaan, lê nie by die staat nie. Geen amptenaar kan genoeg sekuriteit oproep of genoeg planne implementeer vir dít wat só duidelik ontbreek nie. Die antwoord lê in ouerhuise, by ouers wat eienaarskap neem, aktief betrokke raak by die bestuur van die skool en wat dissipline reeds by die huis toepas. Dit lê in werklike gevolge, dit lê in respek en dit lê in die krag van ʼn gemeenskap.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SPUTLA

“Onverwagte beurtkrag sal nie Eskom se positiewe wintervooruitsigte verander nie”

panyaza-lesufi5

Lesufi vra om verskoning aan kankerpasiënte vir vertragings in behandeling

cyril17

Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”

The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The

“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”

Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job

Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe

Ander Nuus Artikels

unie
Nuuskommentaar: Toenemende ekonomiese kommer en onmin in RNE – ’n gevaarlike kombinasie
KLEUTERZONE2
Kleuterzone finaal gelikwideer
Gq14MbTXkAAAZ6O
“Ramaphosa verantwoordelik vir Afrikaner-uittog”
SPUTLA
“Onverwagte beurtkrag sal nie Eskom se positiewe wintervooruitsigte verander nie”
panyaza-lesufi5
Lesufi vra om verskoning aan kankerpasiënte vir vertragings in behandeling

Dissipline in skole: Wat is die oplossing?


Luister nou

Volgende