2 September 2021
Die finansiëledienstefirma, Discovery beplan om vanaf 1 Januarie 2022 oor te skakel na ‘n verpligte inentingsbeleid vir sy werknemers.
Die maatskappy het tans ongeveer 13 000 personeellede in diens in sy belangrikste gesondheidsorg-, bank- en finansiële ondernemings.
Volgens ‘n verklaring wat deur die maatskappy uitgereik is, voel hy dat dit sy morele en sosiale verpligting is om dié stap in werking te stel, veral aangesien dit hulle hoofdoel is om mense gesonder te maak en hul lewens te verbeter en te beskerm.
Die maatskappy sê hy is ook wetlik verplig om alle werknemers te beskerm teen alle moontlike risiko’s.
Privaat ondernemings word toegelaat om hul eie inentingsbeleid saam te stel, en die regering kyk nou na opsies om verpligte inenting op ‘n sekere vlak ook ‘n nasionale beleid te maak.
Stem vir die Aitsa’s