Discovery Life het aangekondig dat hy mense wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie, in die toekoms ‘n hoër premie gaan laat betaal wanneer dit by lewenspolisse kom.
Volgens dié lewensversekeraar word diegene wat hulle nie laat inent nie gelyk gestel aan rokers en word die risiko wat die maatskappy so opdoen vergroot.
Die maatskappy sê hy is die eerste lewensversekeraar wat polishouers se inentingstatus in ag neem wanneer die premie bepaal word en dit geld vir nuwe polisse wat van gister af uitgeneem word.
Volgens die maatskappy se uitvoerende hoof, Riaan van Reenen wil hulle kliënte beloon wat die land help deur hulle teen die virus te laat inent.