Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Diplomatieke krisis dreig tussen SA en Amerika

Nuuskommentaar: 27 Februarie 2023

Deur: Jaco Kleynhans

ʼn Reeks gebeure die afgelope paar weke dui daarop dat die diplomatieke verhouding tussen Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika besig is om te verswak met ernstige waarskuwings vanuit die VSA dat, sou die Suid-Afrikaanse regering nie die regte stappe neem nie, dit tot negatiewe ekonomiese gevolge vir ons land kan lei.

Verlede week het Republikeine wat op die buitelandse sake-komitees van beide huise van die Amerikaanse kongres dien, resolusies voorgestel wat Suid-Afrika se gesamentlike vlootoefening met China en Rusland veroordeel. In die resolusie wat in die huis van verteenwoordigers opgestel is, word daar spesifiek verwys na die feit dat Amerika die grootste bron van buitelandse beleggings in Suid-Afrika is met 7,5 miljard dollar se beleggings uit die VSA wat in 2021 na Suid-Afrika gestroom het.

Die resolusies, waaroor daar nog in die Amerikaanse kongres gestem moet word, verwys na die handelsooreenkoms wat in 2012 tussen die VSA en Suid-Afrika onderteken is en die sterk groei in handel die afgelope paar jaar tussen dié twee lande met die gevolg dat Suid-Afrika ʼn groot handelsoorskot met die VSA opgebou het.

Die Amerikaners verwys egter voorts ook na Suid-Afrika se groeiende bande met veral China én die Chinese regering se invloed in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse regering se weiering om, soos wat in die verlede wel die geval was, vanjaar saam met die VSA aan militêre oefeninge deel te neem, word ook sterk deur die Amerikaners veroordeel.

Beide resolusies vereis dat die Biden-administrasie die verhouding tussen die VSA en Suid-Afrika in heroënskou moet neem. Die afgelope twee jaar was daar ʼn groot poging van die Amerikaanse regering om bande met Suid-Afrika te versterk. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake het verlede Augustus ʼn besoek aan Suid-Afrika afgelê met president Ramaphosa wat in September by die Withuis ontvang is.

Dit lyk egter toenemend of die Suid-Afrikaanse regering die hand van vriendskap wat die VSA uitreik, wegklap. Suid-Afrika se stemme saam met muishondlande in die Verenigde Nasies, dikwels ook teen Israel, is ʼn groot irritasie vir die Amerikaners.

ʼn Paar dae gelede het die Amerikaanse ambassade in Pretoria ʼn waarskuwing aan Amerikaanse besoekers aan Suid-Afrika uitgereik weens die hoë vlakke van beurtkrag in die land. Volgens dié waarskuwing kan beurtkrag vir Amerikaners op besoek aan Suid-Afrika ernstige risiko’s inhou. Die ambassade verwys veral na veiligheidsrisiko’s en die toenemende risiko vir groot burgerlike opstande regoor die land. Dit is die tweede keer binne ʼn jaar wat die Amerikaanse ambassade ʼn veiligheidsrisiko vir Suid-Afrika uitreik.

Die Amerikaanse senator Lindsey Graham het verlede week op besoek aan Suid-Afrika nie doekies omgedraai oor die VSA se frustrasie met die Suid-Afrikaanse regering se hantering van diplomatieke verhoudinge met hulle nie. Suid-Afrika floreer op groeiende uitvoere na die VSA en enorme beleggings uit Amerika, maar verkies om eerder bande met China en Rusland, ten koste van die verhouding met Amerika, te versterk.

Die Suid-Afrikaanse regering se buitelandse beleid word toenemend gedryf deur ideologie, historiese kommunistiese vriendskappe en ʼn valse romantisering van sosialistiese, outoritêre state. Sou Amerika meer vervreem word kan dit katastrofiese ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika inhou. Dit is dus noodsaaklik dat die burgerlike samelewing en privaat sektor druk op die regering plaas om sy verhouding met die VSA te versterk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende