20 Julie 2021
Die voormalige adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke het vanmiddag aangekondig dat sy ondersoek bevind het dat vanjaar se plaaslike verkiesing nié vry en regverdig sal kan voortduur nie.
Dié verkiesing is veronderstel om op 27 Oktober 2021 plaas te vind.
Hy het voorgestel dat vanjaar se plaaslike verkiesing na Februarie 2022 uitgestel word. Dit kom nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ‘n ondersoek van stapel laat loop het na hoe om ‘n plaaslike verkiesing in Oktober aan te bied te midde van die Covid-19-pandemie.
South Africa must reach a stage where deaths have declined, says Chief Justice Moseneke #IEC
— @SAgovnews (@SAgovnews) July 20, 2021
Die OVK het in Mei, Moseneke aangestel om die ondersoek te lei.
Volgens Moseneke is die beperkings op byeenkomste, gesondheidsrisiko’s en ander Covid-19-regulasies ‘n rede tot kommer.
Die OVK moet nou die Grondwethof nader om ‘n bevel te kry om die verkiesing te kan uitstel.
Chief Justice Moseneke says COVID-19 will remain a threat till most of the population has been vaccinated #IEC
— @SAgovnews (@SAgovnews) July 20, 2021
Hou Afrikaans op die lug