29 September 2021
Die presidensie het uiteindelik die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor die Digital Vibes skandaal vrygestel.
Die SOE het aanbevelings gemaak dat pres. Cyril Ramaphosa optree teen die voormalige minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, vir sy betrokkenheid en gebrek aan behoorlike oorsig oor die R150-miljoen kontrak aan die maatskappy.
LEES OOK: PRETORIA FM VRA PRESIDENT OM DIGITAL VIBES-VERSLAG BEKEND TE MAAK
Die SOE het ook bevind dat Mkhize die land en die president mislei het oor persoonlike voordele wat hy en sy familie uit die kontrak gekry het.
In die SOE se hofstukke voor ‘n spesiale tribunaal wil die eenheid R4 miljoen net van Mkhize en sy seun, Dedani, verhaal.
Daar word ook strafregtelike optrede aanbeveel teen beamptes van die nasionale departement van gesondheid, onder meer teen die direkteur-generaal, dr. Anban Pillay, wat toegelaat het dat die kontrak aan Digital Vibes toegeken word.
LEES OOK: MKHIZE MEEN DIE SOE-VERSLAG OOR DIGITAL VIBES HET HOM BENADEEL
Stem vir die Aitsa’s