3 Mei 2022
Die departement van minerale hulpbronne en energie het die brandstofprysaanpassings bekend gemaak.
Van middernag af sal 93-oktaan petrol, sowel as 95-oktaan petrol, 12-sent per liter minder kos.
Die prys van diesel gaan met onderskeidelik 92-sent en 98-sent per liter styg – afhangende van die swawel-inhoud.
Paraffien sal R1,49 per liter meer kos terwyl vloeibare-petroleumgas met ‘n maksimum van 69-sent per kilogram gaan styg.
Die departement sê die prysaanpassings is hoofsaaklik weens internasionale faktore soos die voorkoms van Covid-19 en die oorlog in Oekraïne.