Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Dienslewering in Thabazimbi staan stil terwyl koalisielede toegang tot munisipale-gebou geweier word

16 Mei 2023

Raadslede verbonde aan die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit is sedert 11:00 vanoggend verhoed om die munisipale gebou binne te gaan nadat die ANC glo ‘n veiligheidsmaatskappy aangestel het om wag te hou.

Tokkie Swanepoel.

Volgens ‘n VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, Frik Erasmus was nagenoeg 30 veiligheidsbeamptes steeds teen 15:00 buite die gebou en kan raadslede nie die gebou binnegaan nie.

Hy sê lede van die koalisie beheerde munisipaliteit wou net voor 11:00 met ‘n koukusvergadering begin, waarna ‘n raadsitting 14:00 moes begin. ‘n Onderonsie het egter ontstaan waartydens lede met klippe bestook is, en skote is ook afgevuur.

Die Thabazimbi-munisipaliteit is een van net twee munisipaliteite in Limpopo wat na die 2021 plaaslike verkiesing deur ‘n DA-koalisie gelei is. Tokkie Swanepoel van dié koalisie is destyds as burgemeester verkies.

Die ANC-lede in die munisipaliteit het egter aan die einde van 2022 besluit om ‘n sogenaamde “parallelle” munisipale raad saam te stel. Dit nadat die ANC ‘n mosie van wantroue teen die DA-raad ingestel het. Dus het die dorp “twee burgemeesters en twee munisipale bestuurders.”

‘n ANC-raadslid, Judith Mohapi is aan die einde van Maart vanjaar deur ‘n pastoor as “burgemeester” ingehuldig nadat plaaslike landdroste geweier het om haar in te huldig.

Volgens Erasmus staan dienslewering in Thabazimbi stil weens die politiekery. Hy sê belangrike kwessies moes juis vandag bespreek word. Hy het teen 15:30 aan Pretoria FM gesê dat lede van Wet en Orde binne die stad by die gebou opgedaag het om beheer oor die situasie te probeer neem.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende