Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Die wêreldnuus en ons toekoms

Nuuskommentaar: 29 November 2021

Deur: Victor Correia

Watter verrassings hou 2021 vir ons nog in? Terwyl meeste van ons uitsien na ons volgende vakansie, het die Omikron variant op die toneel verskyn.

Die wêreld wag senuagtig om te verstaan wat die Omikron variant vir ons inhou. Die onsekerheid het meegebring dat verskeie lande weer hul grense gesluit het. Hierdie drastiese maatstawwe moet gesien word in die lig van die vrees wat die wêreld vir hierdie virus opgedoen het.

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het Omikron as ‘n kommerwekkende variant beskryf. Daar bestaan tans verskillende vrae oor die variant se aansteeklikheid, sy gevaarlikheid en selfs oor die effektiwiteit van entstowwe hierteen.

Tot dusver blyk dit of die simptome van die Omikron variant betreklik matig te wees. Talle pasiënte wat die Omikron variant onder lede het, het reeds sonder hospitalisasie herstel. Kom ons hoop dat dit so is.

Na die afgelope twee jaar wat Covid-19 ons lewens ontwrig het, hoop meeste mense dat 2022 minder van dieselfde as die vorige twee jaar sal oplewer. Mense is al moeg vir maskers en die inperkings van die grendelstaat. 

Ons mag wel nie die fout maak om te dink dat die toekoms vir ons net teëspoed inhou nie. Selfs al word ons deur ‘n gevaarliker virus getref, moet ons nie die leuen glo dat alles net van nou af vir ons van sleg na slegter sal gaan nie.

Ons voorouers moes seker al moedeloos gewees het, nadat die Tweede Vryheidsoorlog vir meer as twee jaar hul normale lewe ontwrig het nie. Hul het wel nie net met ‘n onsigbare virus te doen gehad nie, maar met ‘n oormag wat vrou en kind nie verskoon het nie.

As ons voorouers dit kon maak en na Twee Oorloë hul kop kon optel en kon opbou wat hul in die laaste 100 jaar opgebou het, kan ons ook. Ons moet wel onthou dat die “ons sal self” van ons voorouers in geloof in God geanker was.

Dus moet ons die dinge wat voor ons oë afspeel vanuit die geloof bekyk. Hoewel dinge met tye in die geskiedenis vir ons duister en onseker lyk, leer ons in die Woord dat God volkome in beheer is.

Alles wat met ons gebeur word deur ons Hemelse Vader beskik. Selfs hierdie virus staan nie los van Sy bestiering nie. Dit is belangrik om hiermee rekening te hou, want anders begin mense glo dat al die dinge deur ‘n groep bose mense beplan en gereël word.

Natuurlik is daar bose mense op aarde, maar as ons hemelse Vader perke stel vir die Satan se boosheid, kan Hy dit sekerlik ook met mense sin doen. In kort beteken dit dat niks waarvan ons in die nuus lees, los staan van God se raadsplan nie.

Daarvan kan ons seker wees, te midde van die onsekerheid wat die nuus oor die Omikron variant vir ons inhou. Dit is nie nou tyd om al ons vakansieplanne af te stel en moedeloos te dink dat 2022 meer van dieselfde as die vorige twee jaar gaan inhou nie.

Ons moet nie die fout maak om ons toekomsbeplanning afhanklik van die wêreldnuus te maak nie. Hoewel die wêreldgebeure ons lewens kan beïnvloed, is dit immers nie die wêreld wat ons toekoms bepaal nie.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende