Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Die waarheidsprekers gaan help om die ANC uit die kussings te lig

Nuuskommentaar: 3 Mei 2022

Deur: Alet Rademeyer

Verlede week se bekgeveg tussen Busi Mavuso, uitgesproke direksielid van Eskom, en Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van Skoor, het gewone landsburgers se tone behoorlik laat krul van genoegdoening.

Die een applous en lofsang na die ander het op sosiale media losgebars nadat Mavuso haar hakke in ’n vergadering van Skoor ingekap het en dit baie duidelik gemaak het dat sy, die Eskom-direksie en André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, nié die skuld vir die ANC-regerings se mislukkings op hul brood sal laat smeer nie.

Onverskrokke het sy standpunt ingeneem en miljoene Suid-Afrikaners agter haar verenig.

Dit is heldhaftige optrede soos die van Mavuso en ander wat my al hoe meer laat glo dat dit dalk tog moontlik is om die ANC se skippie in 2024 nog verder te laat kantel.

Dis mense soos Mavuso, hoofregter Raymond Zondo, Natasha Mazzone, vuurvreter hoofsweep van die DA en dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, wat nie een ’n bang haar op hulle koppe het om vir reg en geregtigheid op te staan nie.

Zondo het nie twee keer gedink om adv. Dali Mpofu tot orde te roep ná hy adv. Michelle le Roux tydens ’n sitting van die Zondo-kommissie toegesnou het om te “shut up” nie.

Zondo het opgestaan vir goeie, eerbare gedrag en het hom nie gesteur aan die snedige opmerkings van die kant van die EFF dat hy daarme sou wys dat hy “bang is vir wit mense” nie.

Mazzone skroom ook selde om die ANC by te kom. Sy het onlangs ’n skare voor die parlement toegespreek waar sy gesê het: “Soms moet jy opstaan en mense in magsposisies prontuit vertel dat hulle ’n spul onwaardige weersinwekkende kriminele is. Dit is nie maklik nie, want hulle kyk na jou en jy weet hulle het skelms wat iewers buite vir jou wag. Maar dis tyd dat ons opstaan en ophou om bang te wees om ons stem te laat hoor. Genoeg is genoeg. Dis tyd om ontslae te raak van mense wat in die parlement sit en gewone mense se geld steel.”

En dan is daar Solidariteit se boodskap: Plunderaars ons kom vir julle!

Dr. Dirk Hermann het onlangs namens Solidariteit klagtes van korrupsie, diefstal, bedrog en die wanbestuur van staatsfondse teen 21 beweerde staatskapers by die polisie ingedien. Dié individue sluit in oudpres. Jacob Zuma, Dudu Myeni, voorheen van SAL, Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, Daniel Mantsha, voormalige voorsitter van Denel en Zwelakhe Ntshepe, voormalige uitvoerende hoof van Denel.

Die vakbond het ook ’n reuse advertensiebord langs die N1-aangebring waarin die boodskap duidelik is dat plunderaars nie te lig moet slaap nie…

Soos Hermann sê, die formele proses kan nou begin om die skurke te vervolg. Ons moet nooit die krag van gewone, goeie mense onderskat nie. Dis ’n bose dag as gewone, goeie mense nie teen slegtes optree nie.

Hierdie 21 beweerde staatskapers kan nie gelos word nie. Daar word nou verbete geveg dat hul dag in die hof moet kom.

Maar terwyl hierdie en vele ander prosesse aan die gang is om die land te probeer suiwer van gewetenlose skurke, diewe, moordenaars en plunderaars, moet gewone mense ook soos ’n Busi, Raymond, Natasha of Dirk opstaan en sê: Ek sal ook praat. Niemand sal my keer om vir die waarheid op te staan én daarvoor te stem nie. 2024 is nie so ver nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende