Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Die VF Plus het bedenkinge oor die Mangaung-metro se hersiene geïntegreerde ontwikkelingsplan

Die VF Plus sê hy het bedenkinge oor die uitvoerbaarheid van die Mangaung-metro, in Bloemfontein, se hersiene 2025/2026-geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) en meen dit kan weer onvervulde beloftes vir inwoners inhou.

Die VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro, Elizabeth Snyman-van Deventer, sê 2025 is die laaste van ’n vyfjaar-beplanningsiklus en is dus die laaste kans vir die raad om sy mandaat aan die inwoners van die Mangaung-metro na te kom.

Volgens Snyman-van Deventer is die metro se GOP gegrond op planne om Bloemfontein internasionaal en plaaslik te bemark as ‘n veilige en aantreklike bestemming om in te woon, werk en belê.

Sy meen die plan is egter vol tekortkominge en het ’n gebrek aan implementering en aanspreeklikheid.

“’n Uitvoerbare GOP bepaal onder meer of gemeenskappe toegang sal hê tot skoon water, werkende straatligte, veilige paaie en funksionele sanitasie,” sê Snyman-van Deventer. Sy sê ekonomiese ontwikkeling kan nie floreer wanneer bestaande ondernemings hul deure moet sluit weens toenemende swak dienslewering nie.

“Sonder dringende hervorming sal die hersiene GOP vir 2025/2026 nie anders wees as die mislukkings van die afgelope vier jaar nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende