Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Die verkiesing van 27 April 1994

Hoofstuk 10 – 15 Augustus 2023

In die algemene verkiesing wat op 27 April 1994 gehou is, het die verdeling van stemme in die eerste verkiesing waaraan alle bewoners van Suid-Afrika deelgeneem het sy eie verhaal vertel.

Die ANC-alliansie het 12 miljoen stemme (62.65% van al die stemme) gekry, die Nasionale Party het nagenoeg 4 miljoen stemme (20.4%) behaal, die Inkatha-Vryheidsparty 2 miljoen stemme (10,5%), die Vryheidsfront 424 000 stemme (2,17%) en die Demokratiese Party 338 000 (1,73%). Dit het beteken  dat op 10 Mei 1994 de ANC-alliansie die bewind oorgeneem het.

Na die verkiesing het die Bestuurskomitee van die stasie op 30 April 1994 byeengekom om saam die pad vorentoe te verken. Daar is na ’n lang vergadering en ’n uitgebreide bespreking was die vergadering dit eens dat die uitslag van die verkiesing ‘n voldonge feit was, dat die nuwe owerheid erken sou word en dat die diens aan en die stryd om die behoud van die Afrikaner in ‘n nuwe politieke bedeling nou op ’n ander wyse sou moes geskied as wat tot op daardie stadium geglo was.

Gevolglik is besluit, nieteenstaande hewige weerstand onder sommige lede dat– die Onafhanklike Uitsaai-Owerheid erken sou word;  die radio die verlede sal agterlaat, sal uitreik na ’n hoopvolle toekoms en by die uitsaai-owerheid sal aansoek doen om ’n gemeenskapslisensie ten einde Afrikanermense van Suid-Afrika kultureel te dien;  die werkterrein die Afrikanerkultuur in sy breedste sin sal wees, met besondere fokus op die geestelike heropbou van die volk rondom die Christelike geloof en die uitdrukking daarvan in ’n eiesoortige lewenstyl, taal en sy Christelike lewens- en wêreldbeskouing; en dat die stasie hom gaan weerhou van die party-politiek en hom in die besonder gaan beywer vir versoening tussen Afrikaners.

Daar is toe verder ook besluit om ’n algemene vergadering op Donkerhoek te hou om hierdie besluite aan die luisteraars te verduidelik. Dit was nie vir almal ewe maklik om hierdie besluite aanvaar nie.  Verskeie lede het nie kans gesien om die besluite van die Bestuurskomitee te aanvaar nie. Die meerderheid het egter die Bestuurskomitee gesteun en so is toe besluit om die uitsendings te staak sodat die stasie ongeskonde in die nuwe bedeling sou kon voortgaan om die Afrikaner by te staan.

Dit was, die einde van “die eerste lewe” van die stasie. Die stasie het stil geraak en sou vir een jaar stil wees, terwyl gewag is op die uitslag van sy aansoeke om as gemeenskapsradio erken te word.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Brakfontein-substasie

Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag

UK

“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

SONKRAG
Eskom reik tender uit om nuwe maatskappy vir hernubare-energie te begin
NWU
KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek
Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende