Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Die verbond tussen geslagte

Nuuskommentaar: 30 September 2022

Deur: Flip Buys

ʼn Beskawing, volk of ʼn kultuur kan net voortbestaan as die verbond tussen geslagte doelgerig in stand gehou word. Elke geslag moet dít wat van die vorige geslagte ontvang is, bewaar en dan in ʼn beter toestand aan die volgende geslag oordra. Hierdie oordrag geskied deur die kultuur se instellings soos skole, universiteite, stede en owerhede. ʼn Nuwe geslag “erf” sekere kultuurgoedere en hoewel hulle dit verniet kry, het hulle dan die verantwoordelikheid om daartoe by te voeg sodat die volgende geslag ʼn ryker erfenis kan kry.

ʼn Kultuur omvat veel meer as die musiek waarvan sy mense hou, die klere wat hulle dra of die kos wat hulle eet. Dit gaan oor hul keuse van politieke en ekonomiese stelsel, hul regsorde, stads- en staatsbestuur en waardes soos werksetiek, hul houding teenoor korrupsie en vlakke van ondernemerskap.

Hiérdie verbond tussen geslagte het oor die eeue die grondslag van die sukses van die Westerse beskawing gevorm. Die oorsprong hiervan kom uit Antieke Athene van 2 500 jaar gelede. Destyds moes jong mans ná hul militêre diensplig ʼn besondere eed aflê: Hulle moes onderneem om die Atheense beskawing wat hulle van hul voorgeslagte geërf het, te bewaar, te verdedig en dan in ʼn beter toestand aan die volgende geslag oor te dra. Kulturele erfenis gaan nie oor geld en goed nie, maar oor taal, kultuur, lewenswyse, instellings, tradisie, argitektuur, kuns en letterkunde.

ʼn Voorwaarde vir die voortbestaan van ʼn kultuur is dat elke geslag vir die volgende een leef. Dit is soos ʼn ketting van geslagte wat elkeen soos in ʼn aflosspan die stokkie moet dra en dan weer aangee. ʼn Volk is net een geslag diep. As nét een geslag nie sy deel doen nie, val die aflosstokkie, en dan val ʼn skool, ʼn kerk, ʼn universiteit, ʼn stad, ʼn regsorde, ʼn ekonomie en uiteindelik ʼn beskawing. As nét een geslag nie sy taak van bewaring en oordrag nakom nie, sterf daardie volk, kultuur of beskawing uit.

Ons as Afrikaners is met reg trots op ons voorouers, maar dit is nou ons geslag se beurt om ons taak só te verrig dat ons nageslag weer trots op ons kan wees. Daarom kan ons nie in moedeloosheid verval of in die huidige omstandighede berus nie. Ons moet meer van onsself dink, meer van onsself verwag, groter dink en groter doen. Ons durf nie toelaat dat die Afrikaner se geskiedenis by ons geslag ophou nie.

Daar was ʼn tyd toe jong Afrikaners geglo het dat alle tradisies van hul voorouers verkeerd was. Elke geslag dink immers hy is slimmer as die vorige en wyser as die volgende geslag. Vandag besef al meer mense dat tradisie in werklikheid oplossings is vir die probleme waarvan ons al vergeet het. Die belangrikste hiervan is die tradisie van vryheid wat so noodsaaklik vir veiligheid en voorspoed is. Alle gewoontes is wel nie tydlose tradisies wat in stand gehou moet word nie. Ons neem die beste uit die verlede en bou die toekoms daarop.

Ons voorouers se opofferings mag nie tevergeefs wees nie, en ons nageslag verdien beter as dit wat nou daar is. Kom ons skep moed en begin met die werk!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende