Die Valke sê hulle het nié Markus Jooste se paspoort nie


Luister nou

Volgende

Die Valke sê hulle het nié Markus Jooste se paspoort nie

18 April 2023

Die Valke sê hulle het nié die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, se paspoort nie. 

Jooste het nie vandag in die Oldenburg streekhof, in Duitsland opgedaag vir die strafsaak teen hom nie.

Sy regspan in Duitsland het aangevoer dat hy afwesig is omdat hy nie Suid-Afrika kon verlaat weens uitdagings met sy paspoort nie. Hulle het ook aangevoer dat hy in hegtenis geneem kon word as hy Suid-Afrika sou verlaat. 

Die regters in Duitsland sal nou besluit wat gedoen moet word met betrekking tot die handelsmisdaadsaak teen Jooste. 

Hy het onder meer Jooste se Duitse verdedigingspan daarvan beskuldig dat hulle nie genoeg gedoen het om hom betyds in Duitsland te kry nie.

Jooste staar verskeie handelsmisdaadklagte teen hom in die gesig. Jooste en sy medebeskuldigde, George Alan Evans is in 2019 deur Steinhoff in die parlement uitgewys as twee van agt persone wat na bewering betrokke is by die gekonkel met die groep se boeke. 

Evans het ‘n boete van €30 000 betaal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk
NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

Die Valke sê hulle het nié Markus Jooste se paspoort nie


Luister nou

Volgende