Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

“Die Tshwane-metro presteer nie met dienslewering nie”

‘n VF Plus-raadslid in die Tshwane-metro sê hy wou tydens ‘n afgelope raadsvergadering weet waarom die metro nie na wense presteer wanneer dit by dienslewering kom nie.

Nick Pascoe sê die VF Plus is bekommerd oor die metro se vlak van vordering met kapitaalprojekte en prestasies soos weerspieël in die derde kwartaal se dienslewering- en implementeringsplan.

Hy sê luidens die verslag toon 24 projekte in die Tshwane-metro 0% vordering, 43 projekte presteer tussen 1% en 39%. Slegs 15 projekte (minder as 15%) toon vordering tussen 70% en 99%.

Pascoe sê ten opsigte van kapitaalprojekte is slegs 32% van 158 projekte tot dusver sinvol uitgevoer. Dit beteken byna een uit elke sewe projekte het geen vordering getoon nie.

Volgens hom is dit onaanvaarbaar dat belangrike infrastruktuur- en diensleweringsprojekte in die hoofstad van Suid-Afrika op hierdie wyse vertraag word of glad nie vorder nie.

Die VF Plus eis dat elke departement en burgemeesterskomiteelid aanspreeklik gehou word vir hul verantwoordelikhede en dat onderprestasie as ‘n noodgeval behandel behoort te word.

2 Responses

  1. Ja die salaris is al wat hulle wil hê. Voor 1994 het raadslede net bywoning gelde gekry. Dit was eer om raadslid te wees. Nou is dit net vorm van inkomste sonder aanspreeklikheid. Vat die salaris weg en raadslid word net volgens bydrae van diens besoldig

  2. Ek kan Francois se kommentaar bevestig. My oorlede skoonvader was vir twee termyne in die vroeë 1960-jare burgemeester van Pretoria. Ampshalwe het hy ‘n skamele klere-toelaag gekry, maar hy en die ander raadslede het geen ander vergoeding vir hul dienste ontvang nie. Nietemin was daar geen sprake van slaggate, gebarste waterpype, oorlading van elektriese substasies en swak beplanning nie. Terloops, dit is juis as gevolg van swak beplanning gepaardgaande met oorbevolking sonder dat aandag gegee word aan die opgradering van al die infrastruktuur dat ons swaarbelaste inwoners gestraf word met krag onderbrekings en slaggate in die strate. Begrotings is ook van geen waarde as dit nie uitgevoer word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende