Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Die stasie raak ‘n tameletjie

Hoofstuk 7 – 10 Augustus 2023

Die uitsendings van “die stasie te velde” het baie gou ’n tameletjie vir die owerhede geword.

Beeld, het op 23 September 1993 soos volg berig:

”Die Departemente van Binnelandse Sake, Pos- en Telekommunikasiewese en Wet en Orde, kon gister nog nie besluit wie se dilemma die onwettige uitsendings en wie, volgens die wet, teen die radiostasie moet optree nie.”

’n Eerste poging om die tameletjie te ontlont, is geneem toe minister Danie Schutte die bestuur van die stasie uitgenooi het om die saak te kom bespreek.

Rapport van 26 September 1993 vertel die verhaal van hierdie byeenkoms.

“’n Dreigende botsing tussen die Regering en die regse radiostasie, Radio Pretoria, is gister afgeweer toe die sender vanaf sewe uur gisteraand sy uitsendings gestaak het… In ’n gesamentlike nuusverklaring sê mnr. Schutte en ds. Mossie van den Berg dat die sender sy uitsendings van gisteraand af sou staak ten einde ’n dringende aansoek om ’n tydelike lisensie tot die minister te rig…

Gisteraand se verrassende wending rondom Radio Pretoria volg op bespiegelings van selfs ’n gewapende botsing indien die regering sou probeer om die sender te sluit.”

Die stasie se aansoek om ’n tydelike lisensie was toe suksesvol en op 28 September (slegs 10 dae na die eerste uitsendings en 2 dae na die gesprek tussen die bestuur en Minister Danie Schutte) is uitsendings met ’n tydelike lisensie hervat wat tot 31 Oktober 1993 geldig sou wees.

31 Oktober 1993 was Hervormingsondag. 

Die radio het die dag programme uitgesaai wat die werk van Martin Luther en ander kerkhervormers gedenk het.  Jaap Diedericks het jare later vertel dat die uitsaaipersoneel by die verstryking van die tydelike uitsaai-lisensie op 31 Oktober 1993 vir Ds Mossie gevra het wat moet hulle nou maak.

Sy antwoord: “Nou gaan ons net aan!”

Op daardie oomblik is die radio gebore met ‘n oorlewingskrag om “net aan te gaan”, wat hom in die jare wat sou volg, onstuitbaar sou maak.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende