Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Die SAL benodig nóg R3,5-miljard

2 Junie 2021

Die departement van openbare ondernemings en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het genoem dat die lugdiens nóg minstens R3,5-miljard aan hulppakette oor die volgende drie jaar gaan nodig hê.

Dié betrokke partye het vroeër vandag verslag gedoen aan die parlement se portefueljekomitee. Die waarnemende direkteur van dié departement, Melanchton Makobe het in die verslag aangedui dat die R10,5-miljard, wat reeds aan die SAL toegestaan is, nié genoeg gaan wees om die lugdiens ten volle te herkapitaliseer nie.

Volgens die minister van die departement, Pravin Gordhan, is dit niks nuuts nie maar dat dit altyd deel van die plan was.

Dié bedrag sal die totale waarde van die reddingsboei wat na dié lugredery uitgegooi is sedert hy in Desember 2019 om sakeredding aansoek gedoen het, op R14-miljard te staan bring.

Volgens Makobe sal die bykomende R3,5 miljard hoofsaaklik gebruik word om die laaste krediteure van die SAL af te betaal, ten bedrae van R2,3 miljard.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende