Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Die Mossies op ons pad

Nuuskommentaar: 3 September

Deur: Bennie van Zyl

In die Bethuliekonsentrasiekamp, ongeveer 121 jaar gelede, sit mev. Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar sit ’n groepie bekende gesigte van moeë vroue. Net ’n paar treë verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag met God geworstel en Hom gesmeek vir ’n boodskap om hierdie vroue te bemoedig, want wie weet hoe lank nog…

Anette lees die woorde van Mattheus 10:29: “ Word twee mossies nie vir ’n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.” Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n klein vaal mossie op haar skouer. Die groep vroue staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en só word die mossie die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasiekamp in Bethulie.

Dit is ongelooflik om in die maande wat volg om te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop vir hierdie vroue word.

Op 31 Mei 1902 was die oorlog verby. Anette het op pad terug na haar huis, wat tot as verbrand was, by ’n vrou met invloed gestop en haar van die mossieboodskap vertel. Sy het dit weer oorvertel en genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste munstuk, die kwartpennie, laat verskyn, en later verskyn hy dan ook op ons 1 sent. Baie jare later sit die sanger Jak de Priester sonder werk in Londen. Hy lees uit sy Bybel die mossieboodskap en bid vir werk. Die volgende dag word hy aangestel, en op pad terug op ’n bus tel hy ’n Suid-Afrikaanse 1 sent op met die mossies agterop. Hy besef dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg in hierdie stukkende wêreld is.

Hierdie inleiding is gegee deur meneer Henry Geldenhuys in sy presidentsrede by TLU SA se jaarkongres wat die week plaasgevind het.

Hy het die boere, maar daarby per implikasie elke volksgenoot, bemoedig. Al lyk die toekoms van landbou en hierdie land hóé donker, weet dat daar deur die genade van ons Hemelse Vader hoop is.  Elkeen moet die mossies op hul pad raaksien. So is TLU SA daar as die mossie vir die landbouers, maar uiteraard geld dit vir enige instansie wat op geloof en beginsels gegrond is.

Mnr. Geldenhuys het daarop gewys dat die waarde van ’n produserende kommersiële boer die laaste jaar al hoe duideliker geword. Waar só baie stelsels in duie stort was dit inderdaad die boere van Suid-Afrika se bydrae wat veroorsaak het dat ons land steeds funksioneer. Sonder kos op die tafel sal elke meganisme in duie stort.

Mense se ingesteldheid kan in dié dae so maklik negatief raak. Omstandighede kan in vele opsigte nie as gunstig beskou word nie. Daarteenoor kan ’n positiewe mens kreatief en skeppend hulle gedagtes laat gaan. Negatiwiteit skep ’n spiraal in die verkeerde rigting, alhoewel krities anders is as negatief, en om krities te wees hou tred met die realiteit. Positiwiteit moet ook met die realiteite gebalanseer word.

Daarvoor moet mense ingelig wees, want ’n ingeligte persoon is in ’n beter posisie om goeie besluite te kan neem. Die inligting moet egter ook binne ‘n beginselraamwerk val, en die beste pad vorentoe is om altyd op getoetste beginsels te bou.

Dit was dan ook die positiewe boodskap wat TLU SA se kongres nie net aan sy lede nie, maar ook die land oorgedra het – die positiewe boodskap van die mossies.

Gaan soek die mossies op die pad, sien hulle raak, besef dan dat daar altyd hoop is.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende