25 Oktober 2024
Die MK Party wil weer die uitslag van die nasionale verkiesing op 29 Mei in die hof betwis.
Die party is met ‘n kostebevel gestraf, na hy sy eerste hofaansoek vroeër die jaar onttrek het.
Hy is egter steeds van mening dat daar met die uitslag gekonkel is, en voer aan dat daar 9,3 miljoen stemme “weggeraak” het.
Die MK Party se nasionale voorsitter, Nathi Nhleko sê die party beskou dit as sy plig om die uitslag van die verkiesing in die hof te betwis.
Nhleko sê hulle sal vra dat die hof die uitslag ter syde stel, en dat daar ‘n nuwe verkiesing gehou moet word.