26 April 2024
Oud-president Jacob Zuma het belowe om die lewens van swart mense in Suid-Afrika te verbeter indien sy uMkhonto weSizwe-party (MK) ná die komende verkiesing aan bewind kom.
Zuma het die MK-party se Business Movement by sy huis op Nkandla-verwelkom waar daar verkiesingshulpbronne in die vorm van ‘n minibus, ‘n vragmotor – wat in ‘n mobiele verhoog omskep kan word – en viertrek-voertuie aan hom oorhandig is.
Hy het tydens die geleentheid gesê dat die MK Party onstuitbaar is weens swart eenheid.
Zuma het ook genoem dat hy nie glo dat swart Suid-Afrikaners werklik vry is nie, en het belowe om die Romeins-Hollandseregstels met Afrikareg te vervang.
Foto: Central News
Mk Party has landed thank you President Jacob Zuma 💚🖤💚 🙏 pic.twitter.com/bpRPIN3CAn
— The General 💧 (@KingMntungwa) April 25, 2024