Die linkse resep van mislukking en die konserwatiewe resep van vooruitgang


Luister nou

Volgende

Die linkse resep van mislukking en die konserwatiewe resep van vooruitgang

Nuuskommentaar: 30 Junie 2023

Deur: Werner Human

ʼn Bekende aanhaling wat aan Albert Einstein toegeskryf word, lees soos volg: “Waansin is om dieselfde ding oor en oor te doen en ʼn ander uitkoms te verwag”. Daar word beweer dat hy hierdie aanhaling geuiter het in die konteks van diegene in die intellektuele gemeenskap wat gedurende sy era geglo het dat die werking van die heelal bloot aan toeval te wyte is.

Alhoewel hierdie aanhaling binne die konteks van die ingewikkelde leer van kwantummeganika gemaak is, word dit vandag wyd in ander kontekste aangehaal. Dié aanhaling is ook van toepassing op die konteks van die politieke- en kulturele- landskap van Suid-Afrika.

Twee opmerklike berigte vandeesweek in die nuus, was die toespraak van president Cyril Ramaphosa en die Voortrekkermonument se onlangse prestasies. Wat is die verband tussen die twee berigte?

Ramaphosa het tydens die ANC se Wes-Kaapse provinsiale kongres – waar die nuwe leier van die ANC in die Wes-Kaap verkies is – gesê dat indien die ANC nie vernuwe en verenig nie, hulle moontlik die nasionale verkiesing in 2024 gaan verloor. Hierdie stelling is egter niks nuuts nie; trouens dit is die tema van bykans elke politieke byeenkoms sedert sy verkiesing as president van die ANC in 2017.

Hy het selfs in sy voorafgaande toesprake verder gegaan deur te sê dat die voorspoed van die land direk aan ʼn verenigde ANC gekoppel is, én hy het so ver gegaan as om te stel dat sy eerste prioriteit ʼn verenigde ANC is. ʼn Mens kan onteenseglik aanvoer dat Ramaphosa wél die belange van die ANC deurgaans bó die belange van die land geplaas het deur beleide te inisieer wat sy politieke uitdagings aanspreek, maar tot nadeel van almal in die land is.

In teenstelling kon die Voortrekkermonument as kultuurinstelling, vry van die staat, die aantal indiwiduele bydraes van 700 tot 10 000 verhoog, die terrein opknap, die trekroete weer toeganklik maak, die voorkoms van die Senotaafsaal vernuwe, talle nuwe geskiedenisuitstallings ten toon stel, nuwe beeldhouwerk bekendstel, onlangs ʼn teatermuseum op die been bring, en nog vele meer. In kort, kon die Voortrekkermonument na verskeie uitdagings wat die regering se inperkings gedurende Covid-19 teweeggebring het, sterker daaruit kom deur te bou aan ʼn  Afrikaner-tuiste waar hierdie geskiedenis trots met almal gedeel kan word.

Wat ons hieruit kan aflei is dat die linkse resep van mislukking een is waar staatsafhanklikheid aanhoudend voorgehou en gedurig op ander wyses nagejaag word met dieselfde uitkomste: ellende, depressie en die verdieping van ʼn sukkelende bestaan vir die meerderheid van mense.

Die konserwatiewe suksesresep is een waar die hedendaagse werklikhede met kennis en ervaring aangepak word en waar ons die erfenis wat ons van vorige geslagte ontvang het en die waardes van skeppende vernuwing toepas deur gemeenskappe wat self verantwoordelikheid vir hul eie toekoms neem.

Laasgenoemde benadering hou tred met veranderende omstandighede en bring daardeur verandering mee op die basis van beproefde waardes en ʼn langtermynvisie vir die toekoms.

Die resep van mislukking verafsku die geskiedenis tot so ʼn mate dat daar niks te leer is nie, vergeet van die voorwaardes van vooruitgang vir opkomende geslagte, en probeer tevergeefs om dieselfde uitgediende idees op verskillende wyses te bevorder.

Die keuse van ʼn resep vir die toekoms is dus tussen waansin en die bou van ʼn nuwe werklikheid – daar is nie ʼn middelgrond-resep hiervoor nie.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Die linkse resep van mislukking en die konserwatiewe resep van vooruitgang


Luister nou

Volgende