Die Johannesburg-metro het Margaret Arnolds van die AIC as die nuwe speaker aangewys.
Dit volg ná ActionSA se Nobuhle Mthembu verlede week met ’n mosie van wantroue verwyder is.
Arnolds is saam met die DA se Alex Christians en die UDM se Yongama Zigebe genomineer. Arnolds het 137 van die stemme op haar verenig, Christians het 68 van die stemme gekry en Zigebe kon net vyf stemme kry.
Arnolds is die metro se vyfde speaker in net drie jaar, maar dit is nie die eerste keer wat sy in dié pos dien nie. Sy is in 2023 as speaker aangestel nadat Colleen Makhubele deur haar voormalige party, Cope uit die pos verwyder is.
Die AIC is saam met die ANC en ander partye in ‘n koalisievennootskap betrokke.
Foto: Business Live