28 April 2023
Meer as 1 500 persoonlike items van Freddie Mercury, die ontslape hoofsanger van die musiekgroep, Queen gaan in September opgeveil word.

John Deacon.
Van Mercury se uitspattige kostuums, snorkamme, handgeskrewe lirieke en kuns is sedert sy dood in November 1991 in die besit van sy vriendin en voormalige verloofde, Mary Austin. Hy is in die 1980’s met HIV Vigs gediagnoseer.
Volgens Sotheby’s in Londen sal die items vir ‘n maand lank uitgestal word, waarna dit in ses verskillende veilings verkoop sal word.
Austin het in ‘n verklaring gesê dat sy vir langer as 30 jaar die items in haar besit gehad het, en dat sy daarom kon voel asof Freddie nog leef. “Dit is egter tyd om daardie deel van my lewe te laat gaan.”
Van die items is Mercury se kroon en mantel wat hy gedra het tydens sy laaste toer saam met Queen in 1986. Dit kan na verwagting vir tussen £60 000- en £80 000 of sowat R1,4-miljoen tot R1,8-miljoen verkoop word.
Handgeskrewe lirieke van die treffer, We are the Champions kan vir sowat £300 000 of R6,8-miljoen verkoop word. ‘n Silwer snorkam van Tiffany & Co. kan sowat £600 of R13 700 op die veiling behaal.
Foto: Queen Photo’s – WordPress.Com (Kacio)