Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

“Die grootste probleme in die land is weens die regering,” sê Saftu voor nasionale stilstand

22 Augustus 2022

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (Saftu) sê die fokus van Woensdag 24 Augustus se nasionale eendag-staking is nié die hoeveelheid werkers wat ‘n optog in die strate hou nie, maar sê werknemers kan ook by die huis staak om die land se ekonomie tot ‘n stilstand te dwing.

Saftu en die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (Cosatu) het ‘n beroep op werknemers gedoen om Woensdag te staak, al beteken dit hulle bly by die huis.

Die organisasie se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi sê hy het ‘n dokument van meer as 50 bladsye saamgestel met griewe. Dit sluit onder meer werkers se lae lone in, asook die stygende brandstofpryse, beurtkrag en die aanvalle op veiligheidswagte en vragmotorbestuurders.

Vavi meen die regering is vinnig om die sogenaamde “zenofobie-kaart” te speel, maar meen die probleme in die land is nie buitelanders se skuld nie. “Wie is verantwoordelik vir die handhawing van wet en orde in die land? Die regering.”

Vavi meen die gevaarlikste misdadigers in die land is diegene met pakke klere aan.”

Hy sê enkele optogte gaan Woensdag gehou word, maar werknemers kan ook by die huis bly en weier om werk toe te gaan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig