Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Die DA sê hy bly verbind tot die RNE

Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê hy is steeds en sál verbind bly tot die regering van nasionale eenheid (RNE).

Dit kom nadat die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gesê het dat dit die DA se keuse sal wees as hulle die RNE wil verlaat, al dan nie.

Die situasie tussen die twee partye is gespanne nadat die DA een van die partye was wat nié die 2025-begroting in die parlement gesteun het nie. Die adjunk-president, Paul Mashatile het gister gesê dat hy sou skaam kry as hy ‘n DA-minister was omdat die party teen die regering gegaan het waarvan hy deel is.

Steenhuisen sê die DA het deel van die RNE geword om ‘n werklike verskil te maak in Suid-Afrika se ekonomie, en om werk te skep, en dat die party steeds daartoe verbind is.

Hy sê om egter te voldoen in sy doelwit moet die ANC kan bewys dat hy ‘n ewe toegewyd is tot die gees en inhoud van die deel van mag. Volgens hom moet die partye saam werk omdat die kiesers in verlede jaar se verkiesing aangedui het dat hulle nie meer ten gunste is van een party wat die land regeer nie.

Volgens Steenhuisen was die DA van die begin af duidelik oor sy standpunt wat BTW betref.

Hy sê die DA het nie een keer ‘n ander party, buite die RNE genader vir ondersteuning om teen die begroting te stem nie. Volgens hom het die ANC buite die RNE gewerk toe hy met ActionSA gepraat het oor die begroting.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende