Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Die DA sê die JHB-metro kort nie nóg ‘n nuwe burgemeester nie

16 Augustus 2024

Die DA in die Johannesburg-metro sal nie vandag ‘n burgemeesterskandidaat steun nie, maar eerder weer vra dat die hele raad ontbind word.

Volgens die koukusleier, Belinda Kayser-Echeozonjoku, sal die inwoners van dié metro daarby baat dat ‘n nuwe raad verkies word eerder as om sy elfde burgemeester in agt jaar vandag te verkies.

Sy meen dat die 2021-plaaslike regeringsverkiesing ‘n uiters verdeelde uitslag tot gevolg gehad het wat daartoe lei dat onsuksesvolle koalisies herhaaldelik gevorm word om die stad te probeer regeer.

LEES OOK: Gwamanda blameer Herman Mashaba vir JHB se probleme

Volgens haar ly dienslewering daaronder en trek die stad se inwoners aan die kortste ent.

‘n Spesiale raadsvergadering is intussen vir vandag geskeduleer, met die oog op die verkiesing van ‘n nuwe burgemeester nadat Al Jama-ah se Kabelo Gwamanda vroeër dié week bedank het.

Na verwagting sal die nuwe ANC en ActionSA-koalisie die ANC-kandidaat, Dada Morero steun vir dié pos.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende