“Die DA se besluit om nié aan die nasionale dialoog deel te neem nie is vreemd,” skryf Mbeki.


Luister nou

Volgende

“Die DA se besluit om nié aan die nasionale dialoog deel te neem nie is vreemd,” skryf Mbeki.

Die voormalige president, Thabo Mbeki, het ‘n opebrief aan die leier van die DA, John Steenhuisen geskryf waarin hy die party kritiseer vir hulle besluit om nié aan die nasionale dialoog deel te neem nie.

Die nasionale diagloog begin in Augustus. Volgens Mbeki is die DA se sogenaamde boikot van die dialoog vreemd en ‘n direkte aanval teen sy eie belange.

Die DA se besluit om uit die nasionale dialoog te onttrek kom nadat president Cyril Ramaphosa die adjunk-minister van handel, nywerheid en mededinging, Andrew Whitfield uit sy pos verwyder het.

LEES OOK: Ramaphosa sê hy hoef nié te verduidelik waarom hy Whitfield as adjunkminister verwyder het nie

Mbeki het verder in sy brief verwys na Steenhuisen se uitlatings dat hy nie aan die dialoog sal deelneem totdat Ramaphosa ook sy eie ministers verantwoordbaar hou en uit hulle poste verwyder nie. Hy het spesifiek na die ministers verwys wat in die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslag verskyn.

Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, het op haar beurt gesê dat die nasionale dialoog volgens haar net ‘n “rookskerm is vir die ANC se 2026-verkiesingsveldtog.”

LEES OOK: Ramaphosa moes van die ander 42 adjunkministers ook ontslae raak – ActionSA

Mbeki skryf in sy brief dit is duidelik dat die DA ‘n ernstige probleem met Ramaphosa en die ANC het oor die funksionering van die regering van nasionale eenheid (RNE). Hy sê ondanks die party se klagtes is dit duidelik dat hulle nie van plan is om die RNE te verlaat nie.

Hy meen die DA behoort as ‘n lid van die RNE deel te neem aan die nasionale dialoog. Mbeki het verder in die brief probeer om te verduidelik hoe hy die nasionale dialoog beskou.

Volgens hom sal die nasionale dialoog nié dien as die ANC se verkiesingsveldtog nie omdat hy dit aanvanklik verlede jaar voorgestel het in sy toespraak om 30 jaar van die demokrasie te vier.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

“Die DA se besluit om nié aan die nasionale dialoog deel te neem nie is vreemd,” skryf Mbeki.


Luister nou

Volgende