4 Julie 2024
Die DA in Gauteng sê die adjunkspeaker, Refiloe Nt’sekhe, moet bedank.
Nt’sheke is ‘n DA-leier wat met die steun van haar party tot dié amp verkies is, op ‘n stadium toe die DA nog van mening was dat hulle verteenwoordiging op die uitvoerende raad sal hê.
Samesprekings tussen die DA en die ANC het vandeesweek weer eens in duie gestort, waarna die ANC gisteraand ’n minderheidsregering aangekondig het.
Die DA se provinsiale leier, Solly Msimanga, sê indien Nt’sekhe in haar pos gaan aanbly, sal dit beteken dat sy sonder die steun van haar party dié amp moet beklee.
Volgens Msimanga het hulle haar aanvanklik gesteun toe hulle nog hoop gehad het om ander wetgewende posisies in te palm – soos die posisie van voorsitter van voorsitters en ander toesighoudende portefeuljes – wat haar rol as adjunkspeaker sou aanvul.