Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Die begin van die einde van die Britse Ryk en monargie

Nuuskommentaar: 10 Mei 2023

Deur: Jaco Kleynhans

In ʼn wêreld wat toenemend armer aan kultuur, tradisie en voortgang raak, was die afgelope kroning van koning Charles in die Verenigde Koninkryk (VK) ʼn fassinerende gebeurtenis. Terwyl die kroningsplegtigheid in die Westminster-abdy in Londen ryk aan tradisie was, vind die kroning plaas in ʼn tyd waarin die laaste some van die Britse Ryk aan die uitrafel is, die Verenigde Koninkryk lankal nie meer verenig is nie, en selfs Brittanje en ʼn verskraalde Engeland demografies, ekonomies en polities sodanig verander dat die Britse nasie en die Britse staat van die een laagtepunt na die volgende voortstrompel.

Die kroning van koning Charles III volg op jare van krisis in die Verenigde Koninkryk. Die Konserwatiewe Party, nog altyd die party wat die monargie verdedig het, het enkele dae voor die kroning ʼn derde van alle betwiste setels in munisipale verkiesings in Engeland verloor. Ná drie jaar van skande, verdeeldheid en ʼn voortdurende leierskapstryd beleef die Konserwatiewe Party sy laagste punt in 25 jaar. ‘n Linkse regering sal teen volgende jaar die VK se voorland wees.

Net meer as drie jaar nadat die Verenigde Koninkryk uit die Europese Unie (EU) getree het, wil byna tweederdes van Britte nou hê dat die land weer by die EU moet aansluit. Die Konserwatiewe Party het Brexit wanbestuur en het elke geleentheid wat gepaardgegaan het met uittrede uit die EU verspeel. Brexit moes Brittanje weer as ʼn soewereine Westerse land en internasionaal gerespekteerde mag, vestig. Die teenoorgestelde het gebeur.

Die Verenigde Koninkryk dreig om uit mekaar te skeur met tussen 45% en 50% van burgers in Skotland en Noord-Ierland wat deurgaans in peilings aandui dat hulle ten gunste van onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk is. Binne ʼn dekade of wat van nou kan daar dalk nie meer ʼn verenigde koninkryk wees nie.

Buiten die Verenigde Koninkryk is nog 14 lande deel van die krimpende Britse monargie. In November 2021 het Barbados die monargie vaarwel toegeroep en ʼn republiek geword. Jamaika en Antigua en Barbuda het reeds met die proses begin om uit die Britse Ryk te tree. In Australië en Nieu-Seeland word referendums oor uittrede ook in die vooruitsig gestel.

Selfs die Britse Statebond verloor sy relevansie, juis omdat Brittanje sy posisie as een van die magtigste lande ter wêreld verloor het. Indië, ʼn voormalige Britse kolonie, het verlede jaar die Verenigde Koninkryk as die vyfde grootste ekonomie in die wêreld verbygesteek.

Terwyl koning Charles minder gewild is as sy moeder, steun 58% van Britte steeds die monargie. Onder Britte tussen die ouderdomme van 18 en 25% is steun vir die behoud van die monargie maar 32%.

Christene het onlangs ʼn minderheid in die Verenigde Koninkryk geword. Slegs 5% van Britte gaan nog weekliks kerk toe. Saam met die monargie verloor die Protestantisme in Brittanje sy relevansie. Sonder die bindende faktore van monargie en kerk is die behoud van enige sinvolle tradisie, kultuur of volkskap ook op die brandstapel.

Afrikaners het ʼn liefde-haat-verhouding met die Britte en hul monargie. Diepgewortelde griewe oor die Tweede Vryheidsoorlog is geregverdig. As kultuurbewuste Westerlinge is die verlies aan instellings in elke Westerse land wat die tradisie en behoud van die goeie, ook die Protestantisme, verteenwoordig tans pynlik. Dié verlies gaan in ʼn snel veranderende wêreld ook ons nageslag raak.

Foto: Christopher Furlong – Getty Images

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende