15 Maart 2023
Die Nasionale Verbruikerskommissie het twee modelle van die Gizzu-batterye herroep.
Diegene wat die 300- en 500-watt-uur batterye van die handelsnaam Gizzu aangekoop het, word versoek om die produkte na die verskaffer, Syntech Distribution, terug te stuur.
Dít omdat die batterye die risiko loop om te oorverhit en aan die brand te slaan, terwyl dit gelaai word.
Die Verbruikerskommissie sê sowat 3 500 eenhede van dié spesifieke batterye is verkoop en die produkte wat tussen November en Desember 2022 vervaardig is, is glo die sondebokke.
Verbruikers kan op Syntech se webblad kyk of hulle ‘n battery besit wat teruggestuur moet word.