My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Die arrogansie van mag, skep ʼn kultuur van toe-eiening – dit is nie ʼn mensereg nie

Nuuskommentaar: 20 Maart 2023

Deur: Jan Bosman

Skaars het 2023 begin of studentleiers het kampusse begin oorneem met vandalisme as ʼn vorm van protes. Hulle groter aandrang op studentegelde en verhoogde losiesgelde is ʼn vorm van toe-eiening. Julius Malema wat die land wil toemaak deur die Shutdown proses is ʼn vorm van toe-eiening. In die seisoen van stakings waarin hospitale geblokkeer word en pasiënte letterlik sterf is dit ʼn vorm van toe-eiening.

Op 3 Januarie 2016 stuur die Standard Bank ekonoom Chris Hart ʼn boodskap op Twitter wat lui: “More than 25 years after Apartheid ended, the victims are increasing along with a sense of entitlement and hatred towards minorities….”

Die boodskap was deel van ʼn reeks boodskappe wat hy geplaas het.  Wat hom egter in die moeilikheid gebring het, is nie die stelling dat haat teenoor minderhede toeneem nie, maar die stelling dat apartheidslagoffers se kultuur van toe-eiening aan die toeneem is.   Die Standard Bank ekonoom is onmiddellik beskuldig van rassisme en is later weg by die bank. Omdat hy wit is kon hy nie praat van toe-eiening onder apartheid slagoffers nie, maar is dit heeltemal in orde as iemand soos Nelson Mandela, Thabo Mbeki, en verskeie hooggeplaaste ANC hierna kon verwys.

Op 21 Maart vier Suid-Afrika weer Menseregtedag. Natuurlik moet ons die handves van regte soos in Hoofstuk 2 van die grondwet bevorder. In die meer as 27 jaar sedert die aanvaarding van die 1996 grondwet, het daar egter al meer ‘n verskansing van basiese regte gekom. Dit het neerslag gevind in die skepping van ʼn afhanklikheidskultuur deur toelaes  en  gratis dienslewering. Nog meer het toe-eiening oftewel  “entitlement”  die  nuwe norm geword, want hiermee word gepoog om  soveel  as moontlik uit die stelsel te skep, sonder om die minimum bydrae te  maak.  Toe-eiening het ʼn reg geword en dit op sy beurt dompel Suid-Afrika al meer in ʼn moeras van immoraliteit.

Ons kan spekuleer oor die redes hiervoor – waarom het dinge verkeerd geloop? Gebrek aan politieke wil, selfsug, gebrek aan integriteit, kollektiewe politieke besluite,  kader-ontplooiing, en so meer het seker almal ‘n rol gespeel. Omdat jy deel was van die “struggle” is jy geregtig op sekere voordele, omdat jy ‘n senior ANC leier is het jy meer regte as ander, omdat jy ‘n student is mag jy breek en vandaliseer, omdat jy staak mag jy ander se regte vertrap.

Net so onbegryplik is die Eskom voorsitter Mpho Makwana wat sê dat ons die dae moet vier as ons fase 2 en 3 beurtkrag het. As dit die verwagting is, is daar nie ʼn lig aan die einde van die baie donker tonnel nie. Die strewe na middelmatigheid soos gedemonstreer deur die Eskom voorsitter en die kultuur van toe-eiening  moet gesoek word in die kweking van geen-verantwoording en geen- aanspreeklikheid. Dit is dan wanneer toe-eiening (entitlement) ons samelewing begin oorheers.  Kenners beskryf die kultuur van toe-eiening (Culture of Entitlement) as:

  • ‘n Houding waar mense glo dat hulle nie deur verdienste iets hoef te kry nie.
  • Dit is aan hulle verskuldig as gevolg van wie hulle is, nie as gevolg van wat hulle doen nie.
  • dit wat hulle het as vanselfsprekend, bly vra vir meer, en is nooit tevrede nie.
  • Om goed te lyk is meer belangrik as om goed te doen.

Die kultuur van toe-eiening is net so van toepassing op ministers wat spog met meestersgrade sonder dat hulle die vereiste B-graad het. In ʼn land met ʼn gevorderde demokrasie sou so ʼn persoon al lankal uit die kabinet afgedank wees, maar dit is Suid-Afrika. Ons het te gewoond geraak aan die standaard wat ons stel. Die arrogansie van mag bepaal die norm. 

Suid-Afrikaners kan en behoort ons menseregtedag te vier maar dan met die voorwaarde dat alle landsburgers in gelyke mate geregtig is op die regte, voorregte en voordele van burgerskap MAAR net so ook  in gelyke mate onderworpe is aan die verpligtinge en verantwoordelikhede wat met burgerskap gepaard gaan.  As ons dit begin aanvaar dan is toe-eiening oftewel ‘entitlement’ en skep uit die stelsel sonder enige verpligting dan taboe. Ongelukkig is dit nie meer deel van die Suid-Afrikaanse kultuur nie. By ons is die lewe gratis veral as jy deel van die sosialistiese elite en begunstigdes is. Uiteindelik is die onvermydelike uitkoms dat almal op ʼn gelyke basis en 100% gaan deel in die ellende.  

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Roelf

Roelf Meyer en Tinyiko Maluleke sal nasionale dialoog lei

arv in water 2 ander formaat

TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER

POLISIE2

VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412

DBV ruk resiesperdbedryf in die bek

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

Ander Nuus Artikels

Tungsten,Light,Bulb,Lit,On,Black,Background
Dele van die Tshwane-metro binnekort vir byna 10 ure sonder krag
SAL - Waldo Swiegers - Bloomberg
SAL VERLOOR WEER HOOGTE
uniegebou
VERSKEIE PROTESOPTOGTE IN PRETORIA
Roelf
Roelf Meyer en Tinyiko Maluleke sal nasionale dialoog lei
arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende