Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Die ANC vryvreters en verkiesingsbeloftes

Nuuskommentaar: 13 Julie 2023

Deur: Jan Bosman

Slaan enige koerant oop of lees die opskrifte aanlyn. Wanprestasie, tenderbedrog, korrupsie, swendelary en oneerlikheid oorheers die nuus. Dit is asof die kaders en hulle leiers in ʼn laaste desperate poging probeer om te plunder wat nie reeds gesteel is nie.

In ʼn onlangse byeenkoms van die ANC kaders se hersiening van sy verkiesingsmanifes in Boksburg het die ANC bestek geneem van sy beloftes. Dit moes tydens die gesprek duidelik geword het dat die ANC se warm lug beloftes die laaste jare nie realiseer nie. Dit het President Ramaphosa genoop om die skuld elders te soek. So is die skuld gepak op die Covid-19-pandemie, staatskaping en die voortgesette ekonomiese probleme sowel as die Julie 2021 onluste. Trouens die president is soos volg aangehaal:  “Die tydperk waarin ek president geword het, is moontlik die mees uitdagende tydperk wat enige president in die demokratiese era nog ooit in die gesig gestaar het. Geen ander president het soveel uitdagings, wat nie net ek nie maar die hele land in die gesig gestaar nie.” Trouens die president het gemeld dat hy 14 struikelblokke in sy pad gehad het. Covid-19 wat die hele wêreld gekonfronteer het, bly vir die ANC en die president ʼn gerieflike verskoning. Die ander  struikeblokke waarna die president verwys is waarskynlik deur die ANC self geskep of vererger.

Die president verwys gerieflik na staatskaping asof dit ʼn ander administrasie of ʼn ander party was wat baat gevind het daarby. Net so word die ANC as party en sy leiers se aandadigheid aan korrupsie ook altyd weggepraat. Hiermee val die ANC in die patroon van soveel ander Afrika lande se bevrydingsbewegings.  

Die ANC wat so gereeld en hoogheilig sy vryheidsvegter ideale in die dekades voor apartheid voorhou, het hedendaagse vryvreters geword en verval in die Afrika patroon. Prof William Gumede van Wits skryf hieroor in April 2021 en sê dat “in baie Afrikalande ondersteun die armes, gemarginaliseerdes en desperates gereeld die leiers en partye wat op die oog af teen hul eie belange ingaan en sodoende verhoog  hul armoede, marginalisering en onderontwikkeling net nog verder.”

Prof Gumede kom dan tot die gevolgtrekking dat een van die redes hoekom Afrika sedert die einde van kolonialisme arm gebly het, die gevolg is van “magshonger, gewelddadige en wrede leiers.” Dit is dié leiers met hul populistiese retoriek, korrupte gedrag en swak beleid wat hul lande se ekonomieë laat ineenstort  wat lei tot massa-hongersnood, ineenstorting van die samelewing en geweld. 

Die bevrydingsbewegings wat insluit Suid-Afrika se African National Congress (ANC), Zimbabwe se Zimbabwe African National Union-Patriotic Front (Zanu-PF), Algerië se National Liberation Front (NLF), Angola se People’s Movement for the Liberation of Angola (MPLA) en Mosambiek se Mosambique Liberation Front ( Frelimo) het in die stryd vir onafhanklikheid tot gewapende verset oorgegaan. Bevryding van kolonialisme, apartheid, en onderdrukking is wel verkry maar dit het op sy beurt tot rampspoed vir die lande gely.

Die ANC se bevrydingsgeskiedenis het die beweging eens op die platform van hoë moraliteit geplaas. Vryheid is verkry maar die vryvreters val vandag oor hulle voete om te aas en te plunder. Hiermee het die ANC in die moeras beland waaruit hy nie meer kan kom nie. Die president se beloofde daeraad (New Dawn) van 2019 en 2020 en daarna is nie deur 14 struikelblokke belemmer of gekniehalter nie. Dit is gesteel deur sy eie party, die ANC.            

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende