Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

“Die ANC steun nie korrupsie nie,” sê ANC ná De Ruyter se bedanking

23 Februarie 2023

Die ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalula het te velde getrek teen Eskom se voormalige hoof, André de Ruyter en sê sy uitsprake oor ANC lede wat betrokke is by korrupsie by Eskom, is heeltemal onaanvaarbaar, en ’n lae hou na die ANC.

Mbalula het die media toegespreek na de Ruyter in ’n TV-onderhoud gesê het dat ANC politici by die Eskom trog vreet, en dat hy aan ’n minister vertel het dat ’n hoëvlak politikus hierby betrokke is.

LEES OOK: “DE RUYTER HET ESKOM IN ONEER GEBRING,” SÊ WOORDVOERDER

“Noudat de Ruyter op pad uit is, is hy besig om die blaam vir sy mislukkings te skuif na politici” sê Mbalula.

“Indien de Ruyter nie bewyse lewer van die bewering wat hy maak nie, sal ons regstappe teen hom neem. Hy moet bewys dat die ANC betrokke is by korrupsie by Eskom” het hy bygevoeg. Mbalula sê die ANC steun nie korrupsie nie, en “die ANC is nie korrup nie”, het hy gesê.

Mbalula wil ook weet hoekom De Ruyter nou eers die bewerings op die lappe bring, en dit nie al vroeër aan wetstoepassingsagentskappe aangemeld het nie.

LEES OOK: DE RUYTER AS HEDENDAAGSE HELD BESKRYF NÁ BEDANKING

De Ruyter het in die TV-onderhoud gesê dat hy die inligting oor korrupsie wél gedeel het met president Cyril Ramaphosa se adviseurs, sowel as met ’n minister.

Dit het blykbaar op dowe ore geval.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende