Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Die ANC moet hulle nie so hoogheilig hou nie

Nuuskommentaar: 28 Februarie 2023

Deur: Werner Human

André de Ruyter het in ʼn onthullende onderhoud die afgelope week met Annika Larsen, meeste mense se voorgevoelens bevestig – dat korrupsie en wanadministrasie baie dieper in die ANC se DNS ingeweef is as wat ons dink.

Verder het advokaat Paul Pretorius SC, hoofgetuienisleier van die Zondo-Kommissie, gewaarsku dat die land ʼn erger vlaag van korrupsie te staan kom en ook gevra waarom die grootkoppe in misdaad nog steeds beskerming geniet?

Op ʼn internasionale front skaar Suid-Afrika homself boonop graag by muishondlande wat – soos met die kragkrisis – vir groot probleme sorg met betrekking tot die aansien van die regering en dit selfs nog moeiliker maak vir beleggers om hier te belê.

Dit is egter opmerklik hoe die ANC die opeenvolgende krisisse van die land benader. Daar word géén verantwoordelikheid aanvaar nie; die ANC posisioneer eerder hulself as die redder van ʼn situasie en dan bepleit hulle almal se samewerking.

Dié verwaandheid mag dalk van die ANC kom wat meen hulle het vernuwe. Sedert 2017 het ons al gewoond geraak aan slagspreuke soos #ThumaMina (stuur my), en #Renewal (hernuwing), maar daar het feitlik niks in die opsig gebeur nie.

Fikile Mbalula, die nuutverkose uitvoerende hoof van die ANC, beskryf die skokkende bewerings van André de Ruyter as iemand wat mense van sy “mislukkings” by Eskom wil wegwys.

President Cyril Ramaphosa het net voor die staatsrede in ʼn toespraak gesê dat mense moet ophou om te kla en moet help om oplossings te kry.

Hoe lyk ʼn situasie waar die ANC wél verantwoordelikheid aanvaar? Tans, soek die ANC die probleem buite hulleself en verkeer hulle onder die indruk dat indien hulle bloot van ʼn oplossing praat, ʼn oplossing in daad outomaties sal volg.

Om verantwoordelikheid te aanvaar beteken egter dat jy die ware oorsaak van probleme kan vasstel.

Ons is bekend met dié oorsake: Eerstens, is regeringsbeleid  geskoei op die beginsel dat die regering elke funksie en aspek van die samelewing moet beheer deur uitgebreide magte op te neem en as’t ware oor mense regeer. Met ander woorde, ʼn situasie waar al wat saak maak die regering se mening oor jou is, eerder as jou mening oor die regering.

Tweedens, glo die regering dat hulle nooit verkeerd kan wees nie. Indien iets nie na wense verloop nie – soos kragvoorsiening – is dit nie te wyte aan die regering se tekortkominge nie, maar iets van buite die regering.

Suid-Afrika het, in kort, ʼn bedelingsprobleem; ons het ʼn bedeling wat nie strook met die werklikhede van die land nie. Daarom is dit nodig dat die bedeling moet verander – en dit is wat ʼn verantwoordelike regering sal doen.

Dit beteken regeringsbeleid moet verander na ʼn federale bestel waar die sentrale regering die minimum seggenskap in openbare belange en vryhede het, en gemeenskappe soveel magte as moontlik het.

Dié vertrekpunt is ingrypend genoeg om die kragkrisis op te los en om die ekonomie te laat groei, wat sal lei tot ʼn laer werkloosheidskoers en ʼn meer stabiele land. Die ANC hou hulle verniet so hoogheilig, want daar is geen verandering wat die oorsake van die land se krisisse aanspreek nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

UK

“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Ander Nuus Artikels

NWU
KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek
Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende