Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Die ANC, Fikile Mbalula skuldig aan minagting van die hof

3 April 2024

Die Johannesburgse hoogeregshof het vanoggend beslis dat die ANC en die party se sekretaris-generaal Fikile Mbalula skuldig is aan minagting van die hof.

Die DA het verlede maand die hof genader vir die beslissing, na die ANC nie al sy kaderontplooiingsdokumente aan die DA oorhandig het, soos ‘n vorige uitspraak beveel het nie.

Die ANC is nou opdrag gegee om al die dokumente aan die DA te oorhandig, binne die volgende 15 dae.

Die DA sê die uitspraak is net weereens ‘n bewys dat die ANC ‘n wettelose, kriminele sindikaat is wat probeer om staatskaping, korrupsie en die ineenstorting van basiese dienslewering te probeer toesmeer. 

Die party het ook ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om al sy persoonlike eposse, selfoonkommunikasie en notules aan hom te oorhandig, om sodoende gehoor te gee aan die hofbevel.

Ramaphosa was destyds die voorsitter van die ANC se kaderontplooiingskomitee.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende