6 Maart 2024
Devon Hofmeyr, wat nog tot gister betrokke was by die Bittereinders beweging, is deur die politieke party, UIM aangewys as sy nasionale jeugleier.
Die seun van Steve Hofmeyr het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie aangekondig dat hy by die UIM aangesluit het.
Hy sê Suid-Afrika bevind homself in ‘n moeilike plek, maar dat sterk leierskapsfigure dít kan verander en vir landsburgers die land gee wat hulle verdien.
Volgens Hofmeyr beskou hy die UIM as die politieke party wat die land kan verander. Hy meen die party se goeie werksetiek, leierskap en liefde vir alle Suid-Afrikaners het grootliks tot sy besluit gelei.
“Die uurglas vir swak leierskap het uitgeloop. Onder die UIM jeug sal ons slegs die sterkste leiers na vore bring.”